Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 16:7-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Jy moet dit gaarmaak en eet op die plek wat יהוה, jou God, sal kies en in die oggend moet jy omdraai en na jou tente toe gaan.

8. Ses dae lank moet jy ongesuurde brode eet en op die sewende dag is daar ’n ernstige byeenkoms tot יהוה, jou God; dan mag jy geen werk doen nie.Hand 2:1

9. Jy moet vir jouself sewe weke tel; vandat die sekel die eerste keer in die ongesnyde graan geslaan word, moet jy sewe weke tel.

10. Dan moet jy die Fees van Weke hou vir יהוה, jou God, met ’n deel van die vrywillige offer van jou hand wat jy sal gee namate יהוה, jou God, jou sal seën.

11. Jy sal jou verheug voor יהוה, jou God, jy, jou seun, jou dogter, jou slaaf, jou slavin, die Leviet wat in jou poorte is, die besoeker, die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat יהוה, jou God, sal kies om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) te bevestig.

12. Jy moet onthou dat jy ’n slaaf in Mitzrayim was en jy moet daarop let om hierdie reëls te hou.Yog 7:2

13. Jy sal die Fees van Hutte sewe dae lank hou nadat jy van jou dorsvloer en jou wynpers ingevorder het.

14. Jy moet jou verheug in jou fees, jy, jou seun, jou dogter, jou slaaf, jou slavin, die Leviet, die besoeker, die wees en die weduwee wat in jou poorte is.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 16