Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 16:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Jy sal jou verheug voor יהוה, jou God, jy, jou seun, jou dogter, jou slaaf, jou slavin, die Leviet wat in jou poorte is, die besoeker, die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat יהוה, jou God, sal kies om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) te bevestig.

12. Jy moet onthou dat jy ’n slaaf in Mitzrayim was en jy moet daarop let om hierdie reëls te hou.Yog 7:2

13. Jy sal die Fees van Hutte sewe dae lank hou nadat jy van jou dorsvloer en jou wynpers ingevorder het.

14. Jy moet jou verheug in jou fees, jy, jou seun, jou dogter, jou slaaf, jou slavin, die Leviet, die besoeker, die wees en die weduwee wat in jou poorte is.

15. Sewe dae lank moet jy tot יהוה, jou God, fees hou op die plek wat יהוה sal kies, want יהוה, jou God, sal jou seën in al jou opbrengs en in al die werk van jou hande sodat jy ten volle vreugdevol sal wees.Yog 5:1

16. Drie maal per jaar moet al jou manne voor die Teenwoordigheid van יהוה, jou God, verskyn op die plek wat Hy sal kies; op die Fees van Ongesuurde Brode, op die Fees van Weke en op die Fees van Hutte en hulle mag nie met leë hande voor die Teenwoordigheid van יהוה verskyn nie.

17. Elkeen sal gee soos hy in staat is, volgens die seën van יהוה, jou God, wat Hy jou gegee het.

18. Jy moet regters en amptenare aanstel in al jou dorpe wat יהוה, jou God, jou gee volgens jou stamme en hulle moet die volk oordeel volgens ’n regverdige oordeel.

19. Jy mag die reg nie verdraai nie; jy mag nie partydig wees of enige omkoopgeskenk aanvaar nie, want die omkoopgeskenk verblind die oë van die wyse en verdraai die woorde van die regverdige.

20. Jy moet onpartydige opregtheid navolg sodat jy kan lewe en die land in besit neem wat יהוה, jou God, jou gee.Yeg 43:8; 2 Kon 18:4

21. Jy mag vir jou geen ‘boomstam vir aanbidding’ (Asherah) van enige soort boom plant langs die altaar van יהוה, jou God, wat jy vir jou sal maak nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 16