Ou Testament

Nuwe Testament

Dani'el 6:18-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Toe het die koning na sy paleis gegaan en die nag in vas deurgebring; geen kos is na hom gebring nie en sy slaap het hom verlaat.

19. Die koning het die oggend vroeg opgestaan en haastig na die leeukuil gegaan

20. en toe hy by die kuil kom, het hy met ’n harde stem na Dani’el geroep. Die koning het gepraat en vir Dani’el gesê: “Dani’el, kneg van die lewende God, was jou God wat jy voortdurend dien, in staat om jou van die leeus te bevry?”

21. Toe het Dani’el met die koning gepraat en gesê: “O, koning, leef vir ewig!

22. My God het Sy engel gestuur en die bekke van die leeus toegemaak en hulle het my geen leed aangedoen nie, want ek was onskuldig voor Hom en ook teenoor u, o koning, het ek geen oortreding begaan nie.”

23. Die koning was oorweldigend bly oor hom en het beveel dat Dani’el uit die kuil opgetrek word. So is Dani’el uit die kuil opgetrek en daar is geen letsel aan hom gevind nie omdat hy op sy God vertrou het.

Lees volledige hoofstuk Dani'el 6