Ou Testament

Nuwe Testament

Dani'el 6:13-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Toe het hulle geantwoord en voor die koning gesê: “Dani’el, een van die ballinge uit Y’hudah, het u nie in ag geneem, of die bevel wat u gegee het nie, o koning, maar drie maal op ’n dag doen hy sy gebede.”

14. Toe die koning hierdie woorde hoor, was hy baie hartseer en hy het besluit om Dani’el te verlos; tot sonsondergang toe het hy probeer om hom te bevry.

15. Daardie manne het egter aangehou by die koning en vir hom gesê: “Weet, o koning, dat daar ’n wet van Mede en Perse is dat elke bevel of verordening wat die koning vasgestel het, nie verander mag word nie.”

16. Toe het die koning bevel gegee en hulle het Dani’el gebring en in die kuil met leeus gegooi. Die koning het gepraat en vir Dani’el gesê: “Jou God, wat jy gedurigdeur dien, sal jou bevry!”

17. Hulle het ’n groot klip gebring en dit op die opening van die kuil gelê en die koning het dit met sy eie seëlring en met die seëlring van sy prinse verseël sodat Dani’el se vonnis nie verander kon word nie.

18. Toe het die koning na sy paleis gegaan en die nag in vas deurgebring; geen kos is na hom gebring nie en sy slaap het hom verlaat.

19. Die koning het die oggend vroeg opgestaan en haastig na die leeukuil gegaan

20. en toe hy by die kuil kom, het hy met ’n harde stem na Dani’el geroep. Die koning het gepraat en vir Dani’el gesê: “Dani’el, kneg van die lewende God, was jou God wat jy voortdurend dien, in staat om jou van die leeus te bevry?”

21. Toe het Dani’el met die koning gepraat en gesê: “O, koning, leef vir ewig!

22. My God het Sy engel gestuur en die bekke van die leeus toegemaak en hulle het my geen leed aangedoen nie, want ek was onskuldig voor Hom en ook teenoor u, o koning, het ek geen oortreding begaan nie.”

23. Die koning was oorweldigend bly oor hom en het beveel dat Dani’el uit die kuil opgetrek word. So is Dani’el uit die kuil opgetrek en daar is geen letsel aan hom gevind nie omdat hy op sy God vertrou het.

24. Die koning het bevel gegee en hulle het daardie manne wat Dani’el aangekla het, hulle kinders en hulle vroue in die leeukuil gegooi en hulle het nog nie die bodem van die kuil bereik nie of die leeus het hulle bespring en al hulle bene in stukkies gebreek.

25. Toe het koning Daryavesh aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde bly, geskryf: “Mag vrede vir julle vermenigvuldig word!Yeg 43:7; Open 22:5

26. Deur my word bevel gegee dat manne in die hele magsgebied van my koninkryk moet bewe en respekvol vrees voor die God van Dani’el, want Hy is die lewende God en is vir ewig en Sy Koninkryk sal nie vernietig word nie en Sy heerskappy sal wees, selfs tot die einde toe.Eks 6:6,7 en doen tekens en wonderwerke in die hemel en op aarde, want Hy het Dani’el uit die mag van die leeus bevry.”

27. Hy verlos, bevry en red

28. Dani’el was voorspoedig onder die regering van Daryavesh en onder die regering van Koresh, die Persiër.

Lees volledige hoofstuk Dani'el 6