Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 6:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wee die gerustes in Tziyon en die wat veilig voel op die berg van Shomron, die vooraanstaandes van die voorstes van die nasies, na wie die huis van Yisra’el kom!

2. Gaan oor na Kalneh en kyk, gaan vandaar na Hamat, die grote, gaan dan af na Gat van die F’lishtyne! Is hulle beter as hierdie koninkryke, of is hulle grondgebied groter as julle s’n?

3. Julle wat wag op die dag van onheil en die Shabbat van boosheid laat nader kom;

4. hulle wat op beddens van ivoor lê, hulleself oorgee aan plesiere op hulle rusbanke en die vetgemaakte lammers van die kleinvee en die kalwers uit die stal eet,

5. wat sing by die klank van die harp, hulleself bekwaam beskou met musiekinstrumente soos Dawid,

6. wat suiwer wyn drink en hulleself met die beste soorte olie salf, maar hulle is gevoelloos oor die vernietiging van Yosef;

7. daarom sal hulle nou aan die voorpunt van die ballinge in ballingskap gaan en die vreugde sal van hulle heersers af weggevat word.

8. יהוה-God het by Homself gesweer, יהוה-God van die leërmagte het verklaar: “Ek verafsku die arrogansie van Ya’akov en haat sy kastele; daarom sal Ek die stad en alles wat daarin is oorlewer.”

9. Dit sal wees as daar tien man in een huis oorgebly het, hulle sal sterf,

Lees volledige hoofstuk `Amos 6