hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9

Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wee die gerustes in Tziyon en die wat veilig voel op die berg van Shomron, die vooraanstaandes van die voorstes van die nasies, na wie die huis van Yisra’el kom!

2. Gaan oor na Kalneh en kyk, gaan vandaar na Hamat, die grote, gaan dan af na Gat van die F’lishtyne! Is hulle beter as hierdie koninkryke, of is hulle grondgebied groter as julle s’n?

3. Julle wat wag op die dag van onheil en die Shabbat van boosheid laat nader kom;

4. hulle wat op beddens van ivoor lê, hulleself oorgee aan plesiere op hulle rusbanke en die vetgemaakte lammers van die kleinvee en die kalwers uit die stal eet,

5. wat sing by die klank van die harp, hulleself bekwaam beskou met musiekinstrumente soos Dawid,

6. wat suiwer wyn drink en hulleself met die beste soorte olie salf, maar hulle is gevoelloos oor die vernietiging van Yosef;

7. daarom sal hulle nou aan die voorpunt van die ballinge in ballingskap gaan en die vreugde sal van hulle heersers af weggevat word.

8. יהוה-God het by Homself gesweer, יהוה-God van die leërmagte het verklaar: “Ek verafsku die arrogansie van Ya’akov en haat sy kastele; daarom sal Ek die stad en alles wat daarin is oorlewer.”

9. Dit sal wees as daar tien man in een huis oorgebly het, hulle sal sterf,

10. dan sal die een se oom, of sy begrafnis-ondernemer, hom oplig om sy lyk uit die huis uit te dra en aan die een wat in die heel binneste van die huis is, sê: “Is enige iemand anders by jou?” Daardie een sal antwoord: “Nie een nie.” Dan sal hy antwoord: “Bly stil, want die Naam van יהוה moenie genoem word nie,”

11. want let op, יהוה gaan beveel dat die groot huis tot stukkies geslaan word en die klein huisie tot splinters.

12. Kan perde op rotse hardloop, of ploeg ’n mens op hulle met osse? Tog het julle die regverdige oordeel in gif verander en die vrug van onpartydige opregtheid in wilde-als.

13. Julle wat bly is oor nietigheid en sê: “Het ons nie deur ons eie krag horings verkry nie?”Deut 28:49

14. “Want let op, Ek gaan ’n nasie teen julle opwek, o huis van Yisra’el,” verklaar יהוהGod van die leërmagte, “en hulle sal julle teister vanaf die ingang na Hamat af tot by die spruit van die Vlakte (`Aravah).