Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 9:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Dawid gesê: “Is daar nog enige iemand oor van die huis van Sha’ul dat ek aan hom omgee kan bewys ter wille van Y’honatan?

2. Daar was ’n dienskneg van die huis van Sha’ul, met die naam van Tziva en hulle het hom na Dawid geroep en die koning het vir hom gevra: “Is jy Tziva?” Hy antwoord: “U dienskneg!”

3. Die koning vra: “Is daar nie nog enige iemand van die huis van Sha’ul dat ek die omgee van God aan hom kan bewys, nie?” Tziva sê vir die koning: “Daar is nog ’n seun van Y’honatan, wie se voete altwee kreupel is.”

4. Die koning vra vir hom: “Waar is hy?” Tziva sê vir die koning: “Let op, hy is in die huis van Makhir, die seun van `Ammi’el, in Lo-D’var.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 9