Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 7:19-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Tog was dit gering in U oë, יהוה-God, want U het ook aangaande die huis van U kneg in die verre toekoms gepraat. Hierdie is die gewoonte van mense, יהוה-God!

20. Weer, wat meer kan Dawid vir U sê? Want U het ’n verbondsverhouding met U dienskneg, יהוה-God.

21. Ter wille van U boodskap en volgens U verstand, wil en emosie het U al hierdie groot dinge gedoen, om U dienskneg te laat weet.

22. Om hierdie rede is U groot, יהוהGod, want daar is niemand soos U en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.

23. Watter enkel volk is soos U volk Yisra’el, wat God vir Homself as ’n volk gaan bevry het, om vir Homself ’n Naam (Karakter en Outoriteit) te maak en om groot dinge te doen vir U en ontsagwekkende dinge vir U land, voor U volk wat U bevry het vir Uself vanuit Mitzrayim, van nasies en hulle gode?

24. Want U het vir Uself U volk Yisra’el bevestig as U eie volk vir ewig en U, יהוה, het vir hulle ’n God geword;

25. daarom nou, יהוהGod, bevestig die boodskap wat U aangaande U kneg en sy huis gesê het vir ewig en doen soos U gesê het

26. sodat U Naam (Karakter en Outoriteit) vir altyd groot kan wees deur te sê: “יהוהTzva’ot is God oor Yisra’el en mag die huis van U dienskneg Dawid vasgestel wees voor U Teenwoordigheid,

27. want U, יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el, het aan U dienskneg ’n openbaring gemaak en gesê: “Ek sal vir jou ’n huis bou;” daarom het U dienskneg moed gevind om hierdie gebed tot U te bid.Yog 17:17

28. Nou, יהוהGod, U is God, U boodskap is waarheid en U het hierdie goeie ding aan U dienskneg belowe.

29. Nou, daarom, mag dit U behaag om die huis van U dienskneg te seën sodat dit vir ewig voor U Teenwoordigheid kan voortgaan, want U, יהוה-God, het gepraat en met U seën, mag die huis van U dienskneg vir ewig geseënd wees.”

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 7