18. Toe het Dawid, die koning, ingegaan en voor יהוה gesit en gesê: “Wie is ek en wat is my huis, יהוה-God, dat U my tot hiertoe gebring het?
19. Tog was dit gering in U oë, יהוה-God, want U het ook aangaande die huis van U kneg in die verre toekoms gepraat. Hierdie is die gewoonte van mense, יהוה-God!
20. Weer, wat meer kan Dawid vir U sê? Want U het ’n verbondsverhouding met U dienskneg, יהוה-God.
21. Ter wille van U boodskap en volgens U verstand, wil en emosie het U al hierdie groot dinge gedoen, om U dienskneg te laat weet.
22. Om hierdie rede is U groot, יהוהGod, want daar is niemand soos U en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.
23. Watter enkel volk is soos U volk Yisra’el, wat God vir Homself as ’n volk gaan bevry het, om vir Homself ’n Naam (Karakter en Outoriteit) te maak en om groot dinge te doen vir U en ontsagwekkende dinge vir U land, voor U volk wat U bevry het vir Uself vanuit Mitzrayim, van nasies en hulle gode?
24. Want U het vir Uself U volk Yisra’el bevestig as U eie volk vir ewig en U, יהוה, het vir hulle ’n God geword;
25. daarom nou, יהוהGod, bevestig die boodskap wat U aangaande U kneg en sy huis gesê het vir ewig en doen soos U gesê het
26. sodat U Naam (Karakter en Outoriteit) vir altyd groot kan wees deur te sê: “יהוהTzva’ot is God oor Yisra’el en mag die huis van U dienskneg Dawid vasgestel wees voor U Teenwoordigheid,
27. want U, יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el, het aan U dienskneg ’n openbaring gemaak en gesê: “Ek sal vir jou ’n huis bou;” daarom het U dienskneg moed gevind om hierdie gebed tot U te bid.Yog 17:17