Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 6:21-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Dawid sê vir Mikhal: “Dit is voor יהוה, wat my gekies het bo jou vader en bo sy hele huis, om my as heerser aan te stel oor die volk van יהוה, oor Yisra’el; daarom sal ek voor יהוה feesvier!

22. Ek sal geringer geag word as dit en sal nederig wees in my eie oë, maar by die slavinne van wie jy gepraat het, by hulle sal ek onderskei word.”

23. Mikhal, die dogter van Sha’ul, het tot die dag van haar dood geen kind gehad nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 6