Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 3:27-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. Toe Avner na Hevron terugkom, het Yo’av hom eenkant toe gevat na die middel van die poort om vertroulik met hom te praat en hom daar in die maag gesteek sodat hy gesterf het vir die bloed van sy broer `Asah’el.

28. Agterna, toe Dawid dit hoor, het hy gesê: “Ek en my koninkryk is voor יהוה vir ewig onskuldig aan die bloed van Avner, die seun van Ner.

29. Mag dit val op die kop van Yo’av en op sy vader se hele huis en mag die huis van Yo’av nie vry wees van een wat ’n vloeiing het of wat melaats is of wat op krukke loop of wat deur die swaard val of gebrek aan brood het nie.”

30. Yo’av en sy broer, Avishai, het Avner vermoor omdat hy hulle broer `Asah’el in die geveg by Giv’on gedood het.

31. Toe sê Dawid aan Yo’av en aan al die mense wat by hom was: “Skeur julle klere en gord rouklere aan en rouklaag oor Avner!” Koning Dawid het agter die draagbaar geloop.

32. So het hulle Avner in Hevron begrawe en die koning het sy stem opgelig en gehuil by die graf van Avner en die hele volk het gehuil.

33. Die koning het ’n klaaglied oor Avner gesing en gesê: “Moes Avner sterf soos ’n dwaas sterf?

34. Jou hande was nie vasgebind en jou voete ook nie in kettings gesit nie. Soos ’n mens voor die bose val, het jy geval.” Die hele volk het weer oor hom gehuil.

35. Toe het die hele volk gekom om Dawid te oortuig om brood te eet terwyl dit nog dag was, maar Dawid het gesweer en gesê: “Mag God so aan my doen en ook meer, as ek brood of enige iets proe voor sonsondergang.”

36. Al die mense het dit opgemerk en dit het hulle tevrede gestel, net soos alles wat die koning gedoen het, al die mense tevrede gestel het.

37. Al die mense en die hele Yisra’el het daardie dag verstaan dat dit nie van die koning af was om Avner, die seun van Ner, dood te maak nie.

38. Toe het die koning vir sy diensknegte gesê: “Weet julle nie dat ’n prins en ’n groot man vandag in Yisra’el geval het nie?

39. Ek is vandag swak, alhoewel ek as koning gesalf is terwyl hierdie manne, die seuns van Tz’ruyah, te moeilik is vir my. Mag יהוה die kwaaddoener vergeld na sy boosheid!”

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 3