Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 24:5-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hulle het deur die Yarden gegaan en kamp opgeslaan in `Aro’er, regs van die stad wat in die middel van die vallei van Gad lê en in die rigting van Ya’zer.

6. Toe het hulle in Gil’ad gekom en by die land van Tagtim-Hodshi en hulle het by Dan-Ya’an gekom en rondom na Tzidon

7. en gekom by die vesting van Tzor en by al die stede van die Hiviete en Kena’aniete en hulle het uitgekom na die suide van Y’hudah in Be’er-Sh’va.

8. Toe hulle rondgegaan het deur die hele land, het hulle in Yerushalayim aangekom aan die einde van nege maande en twintig dae.

9. Yo’av het die getal van die getelde mense aan die koning gegee en daar was in Yisra’el agt honderd duisend weerbare manne wat die swaard uittrek en die manne van Y’hudah was vyf honderd duisend man.

10. Dawid se gewete het hom gepla nadat hy die volk getel het. Dawid het vir יהוה gesê: “Ek het baie gesondig deur wat ek gedoen het, maar nou, יהוה, vat asseblief die skuld van U dienskneg weg, want ek het baie dwaas opgetree.”

11. Toe Dawid in die oggend opstaan, het die woord van יהוה tot die profeet Gad, die siener van Dawid, gekom en gesê:

12. “Gaan en praat met Dawid: “So sê יהוה: ‘Ek bied vir jou drie dinge aan, wat Ek aan jou sal doen; kies vir jouself een van hulle.’”

13. Gad het by Dawid gekom en hom vertel en vir hom gesê: “Sal daar sewe jaar lank hongersnood in jou land kom, of wil jy drie maande lank vlug voor jou teëstanders terwyl hulle jou agtervolg, of moet daar drie dae lank pes wees in jou land? Oorweeg nou en sien watter antwoord ek aan Hom wat my gestuur het, moet bring.”

14. Toe sê Dawid vir Gad: “Ek is baie benoud; laat ons nou val in die hand van יהוה, want Sy onverdiende guns en omgee is groot, maar laat my nie in die hand van mense val nie.”

15. יהוה het ’n pes onder Yisra’el gestuur vanaf die oggend tot op die bepaalde tyd en van Dan tot Be’er-Sh’va het daar van die mense sewentig duisend man gesterf.

16. Toe die engel sy hand uitsteek na Yerushalayim om dit te vernietig, het יהוה teruggetrek van die katastrofe en aan die engel wat die mense vernietig het gesê: “Dit is genoeg, ontspan nou jou hand!” Die engel van יהוה was by die dorsvloer van Aravnah, die Y’vusiet.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 24