Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 21:18-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Dit het gebeur na hierdie dat daar weer oorlog was met die F’lishtyne in Gov. Toe het Sibkhai, die Hushatiet, vir Saf, wat onder die nageslag van die reuse was, verslaan.

19. Daar was weer oorlog met die F’lishtyne in Gov en Elganan, die seun van Ya’arei-Orgim, uit Beit-Legem, het Golyat, die Gittiet, wie se spiessteel soos ’n wewersbalk was, verslaan.

20. Daar was weer oorlog in Gat; waar daar ’n baie groot man was, wat ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, vier en twintig in getal, gehad het en ook hy is vir die reuse gebore.

21. Toe hy Yisra’el geminag het, het Y’honatan, die seun van Shim’ah, die broer van Dawid, hom verslaan.

22. Hierdie vier is gebore vir die reuse in Gat en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy diensknegte.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 21