Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 18:20-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Yo’av sê egter vir hom: “Jy is nie die man om vandag ’n boodskap te dra nie, maar jy kan anderdag ’n boodskap dra, maar jy sal geen boodskap vandag dra nie omdat die seun van die koning dood is.”

21. Toe sê Yo’av vir die Kushiet: “Gaan vertel vir die koning wat jy gesien het!” Die Kushiet het voor Yo’av gebuig en gehardloop.

22. Agima’atz, die seun van Tzadok, het weer ’n keer vir Yo’av gesê: “Wat ook al gebeur, laat my asseblief ook agter die Kushiet aan hardloop.” Yo’av vra: “Waarom wil jy hardloop, my seun, aangesien jy geen beloning sal ontvang as jy gaan nie?”

23. “Maar wat ook al gebeur,” sê hy, “ek sal hardloop.” Hy antwoord hom toe: “Hardloop!” Toe hardloop Agima’atz met die vlakte langs en steek die Kushiet verby.

24. Dawid het tussen die twee poorte gesit en die wag het opgegaan na die dak van die poort op die muur en sy oë opgeslaan en let op, ’n man wat alleen hardloop.

25. Die wag het uitgeroep en die koning vertel en die koning sê: “As hy alleen is, dan is daar ’n goeie boodskap in sy mond.” Hy het ál nader en nader gekom.

26. Toe sien die wag ’n ander man hardloop en die wag het na die poortwag geroep en gesê: “Let op, daar hardloop nog ’n man op sy eie. Die koning sê: “Hierdie een bring ook ’n goeie boodskap.”

27. Die wag het gesê: “Ek dink die hardloop van die eerste een is soos die hardloop van Agima’atz, die seun van Tzadok.” Die koning sê: “Hierdie is ’n goeie man wat kom met ’n goeie boodskap.”

28. Agima’atz het uitgeroep en aan die koning gesê: “Vrede!” Hy het homself voor die koning neergebuig met sy gesig op die grond en gesê: “Geseënd is יהוה, u God, wat die manne oorgelewer het wat hulle hand teen my meester die koning opgelig het.”

29. Die koning vra: “Gaan dit goed met die jongman, Avshalom?” Agima’atz antwoord: “Toe Yo’av die dienskneg van die koning, u dienskneg gestuur het, het ek ’n groot opskudding gesien, maar ek het nie geweet wat dit was nie.”

30. Toe sê die koning: “Draai opsy en staan hier.” Toe draai hy opsy en staan stil.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 18