Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 17:23-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Toe Agitofel sien dat sy advies nie gevolg is nie, het hy sy donkie opgesaal, opgestaan en na sy huis, na sy stad, gegaan en sy huis in orde gekry en homself verwurg; so is hy dood en is begrawe in die graf van sy vader.

24. Toe het Dawid in Maganayim aangekom en Avshalom het die Yarden oorgesteek, hy en al die manne van Yisra’el saam met hom.

25. Avshalom het `Amasa in Yo’av se plek oor die leër aangestel. `Amasa was die seun van ’n man met die naam van Yitra, die Yisra’eliet wat ingegaan het by Avigayil, die dogter van Nagash, suster van Tz’ruyah, Yo’av se moeder.

26. Yisra’el en Avshalom het gekamp in die land van Gil’ad.

27. Toe Dawid in Maganayim kom, bring Shovi, die seun van Nagash uit Rabbah, uit die seuns van `Ammon, Magir, die seun van `Ammi’el, uit Lo-D’var en Barzillai, die Gil’adiet, uit Roglim,

28. beddens, skottels, erdegoed, koring, gars, meel, gebraaide graan, bone, lensies, gebraaide sade,

29. heuning, dikmelk, kleinvee en kaas van beesmelk na Dawid en die mense wat by hom was, om te eet, want hulle het gesê: “Die mense is honger, moeg en dors in die wildernis.”

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 17