Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 16:15-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Avshalom en al die manne, die manne van Yisra’el, het Yerushalayim binnegegaan en Agitofel was by hom.

16. Nou, dit het gebeur dat, toe Hushai die Arkiet, die vriend van Dawid, by Avshalom kom, Hushai vir Avshalom sê: “Die koning leef, die koning leef!”

17. Avshalom vra vir Hushai: “Is dit jou lojaliteit teenoor jou vriend? Waarom het jy nie saam met jou vriend gegaan nie?”

18. Toe sê Hushai vir Avshalom: “Nee, want wie יהוה, hierdie volk en al die manne van Yisra’el gekies het, syne sal ek wees en by hom sal ek bly.

19. In elk geval: wie sal ék dien? Moet ek nie dien in die teenwoordigheid van sy seun nie? Soos ek in u vader se teenwoordigheid gedien het, so sal ek in u teenwoordigheid wees.”

20. Toe sê Avshalom vir Agitofel: “Gee jou advies. Wat moet ons doen?”

21. Agitofel sê vir Avshalom: “Gaan in by u vader se byvroue, wat hy laat agter bly het om die huis te versorg; dan sal die hele Yisra’el hoor dat u uself gehaat gemaak het by u vader en die hande van almal wat by u is, sal ook versterk word.”2 Sh’m 12:11

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 16