Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 15:11-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Toe het twee honderd man wat genooi was, in onskuld saam met Avshalom vanaf Yerushalayim gegaan, sonder om iets te weet.

12. Avshalom het ook terwyl hy die offers bring, vir Agitofel, die Gilohniet, Dawid se raadgewer, uit sy stad, uit Giloh, laat roep. Die sameswering was sterk, want die mense by Avshalom het voortdurend vermeerder.

13. Toe kom daar ’n boodskapper by Dawid wat sê: “Die verstand, wil en emosie van die manne van Yisra’el is met Avshalom.”

14. Dawid het vir al sy diensnegte wat by hom in Yerushalayim was, gesê: “Staan op en laat ons vlug, want nie een van ons sal van Avshalom af ontsnap nie! Gaan gou, of hy sal ons gou inhaal en onheil oor ons bring en die stad met die skerpte van die swaard tref.”

15. Toe het die diensknegte van die koning vir die koning gesê: “Let op, u diensknegte doen wat ook al ons meester die koning verkies!”

16. Die koning het uitgegaan met sy hele huishouding saam met hom, maar die koning het tien byvroue agter laat bly om die huis te versorg.

17. Die koning het uitgegaan en al die mense saam met hom en hulle het by die laaste huis gestop

18. terwyl al sy diensknegte langs hom verbytrek; al die persoonlike wagte, al die boodskappers en al die Gittiete, (ses honderd man wat saam met hom gekom het vanaf Gat), het voor die koning verbygegaan.

19. Toe sê die koning vir Ittai, die Gittiet: “Hoekom sou jy ook saam met ons gaan? Draai om en bly by die koning, want jy is ’n buitelander en ook ’n banneling; gaan terug na jou eie plek.

20. Jy het net gister gekom en sal ek jou vandag laat rondswerf saam met ons terwyl ek gaan waar ek wil? Draai om en vat jou broers terug. Onverdiende guns en waarheid sal by jou wees!”

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 15