Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 1:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het gebeur ná die dood van Sha’ul, toe Dawid terug was nadat die `Amalekiete verslaan is, dat Dawid twee dae in Ziklag gebly het.

2. Let op, op die derde dag kom ’n man uit Sha’ul se kamp, met geskeurde klere en stof op sy kop. Dit het gebeur dat, toe hy by Dawid kom, hy op die grond neerval en op sy gesig gaan lê.

3. Toe vra Dawid vir hom: “Van waar af kom jy? Hy antwoord hom: “Ek het ontsnap uit die kamp van Yisra’el.”

4. Dawid sê vir hom: “Hoe het dit gegaan? Vertel my asseblief.” Hy antwoord: “Die manne het van die geveg af gevlug en baie van die manne het geval en is dood en Sha’ul en sy seun Y’honatan is ook dood.”

5. Dawid vra die jongman wat vir hom die boodskap gebring het: “Hoe weet jy dat Sha’ul en sy seun Y’honatan dood is?”

6. Die jongman wat vir hom die boodskap gebring het, antwoord: “Ek was toevallig op die berg Gilboa en let op, Sha’ul het op sy spies geleun en die strydwaens en perderuiters was op hom.

7. Toe hy omkyk, het hy my gesien en na my geroep.” Ek het gesê: “Hier is ek.”

8. Hy het vir my gevra: “Wie is jy?” Ek het hom geantwoord: “Ek is ’n `Amalekiet.”

9. Toe sê hy vir my: ‘Staan asseblief langs my en maak my dood, want ’n beangstheid het my beetgepak omdat my lewe nog in my talm.’

10. Ek het langs hom gaan staan en hom doodgemaak, want ek het geweet dat hy nie ná sy val sou kon leef nie. Ek het die kroon wat op sy kop was en die armband wat om sy arm was, gevat en dit hier na my meester toe gebring.”

11. Toe gryp Dawid sy klere en skeur dit en so ook al die manne wat by hom was.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 1