Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 9:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe die koningin van Sh’va hoor van die beroemdheid van Shlomo, het sy gekom om Shlomo met raaisels te toets. Sy het na Yerushalayim gekom met ’n baie groot trek: met kamele wat speserye, goud in oorvloed en edelgesteentes gedra het en toe sy by Shlomo kom, het sy vir hom alles vertel wat in haar verstand, wil en emosie was.

2. Koning Shlomo het aan haar al die geheime in haar binneste vertel en daar was niks verborge vir die koning wat hy nie vir haar kon vertel nie.

3. Toe die koningin van Sh’va die wysheid van Shlomo sien en die huis wat hy gebou het,

4. die voedsel van sy tafel en hoe sy diensknegte sit en sy ministers se teenwoordigheid en hulle klere, sy skinkers en hulle klere en die offers wat hy in die huis van יהוה geoffer het, was daar geen gees in haar oor (begeerte) om meer te sien nie.

5. Sy het vir koning Shlomo gesê: “Dit was ’n waar verslag wat ek in my eie land gehoor het aangaande u dade en u wysheid.

6. Nieteenstaande het ek hulle woorde nie geglo nie totdat ek gekom en my oë dit gesien het en let op, die helfte van die grootheid van u wysheid is my nie vertel nie, want u oortref die verslag wat ek gehoor het.

7. Gelukkig is u diensknegte, wat voortdurend voor u staan en u wysheid hoor!

8. Geseënd is יהוה, u God, wat u gekies en u op die troon van die koninkryk van Yisra’el laat sit het. Omdat יהוה Yisra’el liefhet, het Hy u vir ewig oor hulle koning gemaak om te oordeel en reg te laat geskied.”

9. Sy het aan die koning ’n honderd en twintig talente goud en ’n oorvloed speserye en edelgesteentes gegee. Daar was nie sulke speserye in die wêreld soos die wat die koningin van Sh’va aan koning Shlomo gegee het nie.

10. Die diensknegte van Hiram en die diensknegte van Shlomo het ook goud uit Ofir gebring,

11. asook sandelhout vir stoele vir die huis van יהוה en vir die huis van koning Shlomo en harpe vir die sangers. Daar was nog nooit sulkes gesien in die land van Y’hudah nie.

12. Koning Shlomo het vir die koningin van Sh’va alles gegee wat sy gevra het, behalwe wat hy reeds gegee het en vir haar alles vertel wat in haar verstand, wil en emosie is. Sy het teruggekeer na haar eie land, sy en haar diensknegte.

13. Die gewig van Shlomo se inkomste aan goud in een jaar was ses honderd ses en sestig talente goud;

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 9