Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 7:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Net toe Shlomo klaar gebid het, het die vuur uit die hemel afgekom en die brandoffer en die hout verteer en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het die huis gevul

2. en die priesters kon nie in die huis van יהוה ingaan nie, want die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het die huis van יהוה gevul.

3. Toe al die kinders van Yisra’el sien hoe die vuur afkom en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה die huis vul, het hulle neergebuig op die plaveisel met hulle gesigte op die grond en het aanbid en vir mekaar gesê: “Lofprys יהוה, want Hy is goed, Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig.”

4. Toe het die koning en die hele volk offers gebring in die Teenwoordigheid van יהוה.1 Kon 8:63

5. Koning Shlomo het ’n offer gebring van twee en twintig duisend beeste en ’n honderd en twintig duisend kleinvee. So het die koning en die hele volk die huis van God ingewy,

6. terwyl die priesters op hulle poste was en die Leviete met musiekinstrumente יהוה geloof het en dit is wat hulle in hulle lofprysing gesê het, deur die liedere van Dawid: “Loof יהוה met uitgestrekte hande, want Hy is goed, Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig.” Die priesters het met gedraaide en reguit trompette geblaas en die hele Yisra’el het gestaan.

7. Shlomo het die middel van die ruimte afgesonder wat voor die huis van יהוה was, want daar het hy brandoffers en die vetstukke van die vredesoffers geoffer omdat die koper altaar wat Shlomo gemaak het, te klein was om die brandoffer, die graanoffer en die vet te hou.

8. Shlomo het ook in daardie tyd die fees gehou vir sewe dae en die hele Yisra’el saam met hom, ’n baie groot vergadering. Die mense het vanaf Hamat tot by die spruit van Mitzrayim, voor יהוה, ons God, vergader.1 Kon 8:65

9. Sewe dae is gegee vir die fees en sewe dae vir die inwyding, die lengte van die geleentheid was veertien dae.1 Kon 8:66

10. Op die vyftiende dag het die koning die volk laat gaan en die volk het die koning geseën en na hulle dorpe gegaan, bly en vrolik en het lof en dank gegee aan יהוה vir al die goedheid wat Hy aan Dawid, Sy dienskneg, Shlomo, sy seun en aan Sy volk, Yisra’el, bewys het.

11. Dit het gebeur dat Shlomo die huis van יהוה en die huis van die koning klaar gebou het en alles wat Shlomo in sy gedagtes beplan het om in die huis van יהוה en in die koning se huis te doen, het hy suksesvol uitgevoer.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 7