Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 34:30-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. Die koning het opgegaan in die huis van יהוה en al die manne van Y’hudah, die inwoners van Yerushalayim, die priesters, die Leviete en die hele volk, groot en klein en hy het al die woorde van die boek van die verbond, wat in die huis van יהוה gevind is, voor hulle gelees.

31. Die koning het op sy plek gaan staan en ’n verbond met יהוה gesluit om יהוה te volg en Sy opdragte, Sy instellings en Sy getuienisse met sy hele verstand, wil en emosie en met sy hele lewe te onderhou, om die woorde van die verbond wat in hierdie boek geskryf is, te doen.

32. Hy het almal wat in Yerushalayim en in Binyamin te vinde was, die verbond laat aanvaar. Die inwoners van Yerushalayim het gedoen volgens die verbond van יהוה, God van hulle vaders.

33. Yoshiyahu het al die verwerplikhede wat יהוה voor die seuns van Yisra’el vernietig het, weggevat en almal wat in Yisra’el te vinde was, יהוה, hulle God, laat dien en hulle het nie daarvan afgewyk om יהוה, die God van hulle vaders, te volg nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 34