Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 31:2-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Hizkiyahu het die dienstye van die priesters en die Leviete vasgestel volgens hulle afdelings, elkeen volgens sy dienswerk. Die priesters en Leviete vir die brandoffers en vredesoffers, om te dien en dank te bring en te lofprys in die poorte van die tempel van יהוה.

3. Die koning het uit sy eie besittings jong bulle gegee vir die oggend en aand brandoffers, die brandoffers vir die Shabbatte en die Nuwemane en die feestye, soos dit opgeskryf is in die wet van יהוה.

4. Verder het hy aan die mense wat in Yerushalayim bly, bevel gegee om die deel wat aan die priesters en Leviete toekom, te gee sodat hulle bemoedig kon wees in die wet van יהוה.

5. Sodra die bevel uitgevaardig is in Yisra’el, het hulle die eerstevrugte van koring, wyn, olie en van hul beeste en van die opbrengs van die land en die tiendes van alles in oorvloed gebring.

6. Die seuns van Yisra’el en Y’hudah wat in die stede van Y’hudah gebly het, het ook gawes gebring en aan יהוה, hulle God, geoffer. Hulle het tiende op tiende gebring van graan, wyn en hulle beeste en die opbrengs van die land. Hulle het die tiendes gebring en dit afgesonder vir יהוה, hulle God.

7. In die derde maand het hulle die fondasie van die tiende voorraad gelê en in die sewende maand het Hizkiyahu dit gevat en onder die priesters en Leviete versprei.

8. Toe Hizkiyahu en die prinse sien dat die tiendes van die priesters so oorvloedig is, het hulle יהוה geseën en vir Yisra’el gebid.

9. Toe het Hizkiyahu vir die priesters en die Leviete gebid aangaande die oorvloed van die tiendes.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 31