Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 30:9-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. want Hy het Homself aan julle openbaar, aan julle seuns en broers en Hy sal aan julle liefdevolle omgee bewys deur die wat julle gevange weggevoer het en julle terugbring na hierdie land, want יהוה, julle God, is vol onverdiende guns en omgee en Hy sal nie Sy gesig wegdraai van julle as julle na Hom toe terugdraai nie.”

10. Die hardlopers van koning Hizkiyahu het van stad tot stad deur die land van Efrayim en M’nasheh gegaan en selfs tot by Z’vulun,

11. maar sommige van die bose manne uit die stam van Asher, Efrayim, M’nasheh en Z’vulun het hulle uitgelag en gespot.

12. Nogtans het die res van die manne van hierdie stamme hulle verneder en na Yerushalayim gekom saam met die stam van Y’hudah. Die hand van God was op hulle, om vir hulle ’n eensgesinde verstand, wil en emosie te gee om die opdrag van die koning en sy prinse volgens die woord van יהוה uit te voer.

13. Daar het in Yerushalayim baie mense bymekaargekom om die Fees van die Ongesuurde Brode in die tweede maand te hou, ’n baie groot vergadering.

14. Hulle het opgestaan en die altare verwyder wat in Yerushalayim was en ook al die wierookaltare van afgode verwyder en in die spruit van Kidron gegooi.

15. Toe het hulle die Pesag gevier op die veertiende van die tweede maand en die priesters en die Leviete het hulleself afgesonder en brandoffers in die huis van יהוה ingebring.

16. Hulle het op hulle plekke gaan staan, volgens hulle ordes, soos dit geskryf is in die wet van Moshe, die profeet van יהוה; die priesters het die bloed gesprinkel wat hulle uit die hand van die Leviete ontvang het,Deut 16:2,5-7

17. want daar was baie in die vergadering van Yisra’el wat hulleself nie afgesonder het nie; daarom het die Leviete beheer gehad van die slagting van die Pesaglammers en hulle het toegesien dat elkeen rein was, om hulle aan יהוה af te sonder.

18. Daar was ’n groot hoeveelheid mense van Efrayim, M’nasheh, Yissakhar en Z’vulun, wat hulleself nie gereinig het nie, tog het hulle die Pesaglam, nie volgens die wet nie, geëet, maar Hizkiyahu het vir hulle gebid en gesê: “Mag יהוה wat goed is, die hele Yisra’el vryspreek,

19. want ons het ons verstand, wil en emosies voorberei om tot יהוה, die God van ons vaders, te bid en afsondering sou ons nie meer gereinig het nie.”

20. יהוה het na die stem van Hizkiyahu geluister en die volk genees.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 30