Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 24:15-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Y’hoyadah het oud geword en was vol van dae toe hy dood is. Hy was ’n honderd en dertig jaar oud toe hy gesterf het.

16. Hulle het hom begrawe in die stad van Dawid by die konings en gesê: “So sal hy wat goed doen in Yisra’el beloon word.” Hy het ook baie bygedra vir die huis van יהוה.Deut 13:6-9

17. Ná die dood van Y’hoyadah, het die prinse van Y’hudah voor die koning kom buig en die koning het na hulle geluister

18. en hulle het die huis van יהוה, die God van hulle vaders, verlaat en gegaan en beelde en afgode gedien. Woede het oor Y’hudah en Yerushalayim gekom omdat hulle hierdie sonde gedoen het.

19. Nogtans het God profete na hulle gestuur om hulle terug te bring van hulle lewenswyses af, maar hulle wou nie luister nie. Die profete het teen hulle getuig, maar hulle wou nie gehoor gee nie.

20. Die Gees van יהוה het op Z’kharyah, die seun van Y’hoyadah, die priester, gekom en hy het hoër as die volk gaan staan en vir hulle gesê: “So sê יהוה: Waarom oortree julle die opdragte van יהוה dat julle nie voorspoedig kan wees nie? Omdat julle My lewenswyses verlaat het, sal Ek julle verlaat.”Mat 23:35; Luk 11:51

21. Daarop het hulle ’n sameswering teen hom gesmee en hom op bevel van die koning in die voorhof van die huis van יהוה gestenig.

22. So het koning Yo’ash die guns wat Y’hoyadah, sy vader, aan hom bewys het, nie onthou nie, maar sy seun na hom doodgemaak. Toe sy seun op die punt was om doodgemaak te word, het hy gesê: “Mag יהוה dit sien en wraak neem!”

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 24