Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 20:20-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Hulle het vroeg die oggend opgestaan en na die wildernis van T’koa gegaan. Terwyl hulle uitgaan, het Y’hoshafat gaan staan en gesê: “Luister na my, Y’hudah en inwoners van Yerushalayim! Vertrou in יהוה, julle God sodat julle bevestig sal word; vertrou in sy profete en julle sal bevry word.”

21. Toe het hy tussen die volk gestaan en gesê: “Kom, laat ons dank bring aan יהוה en lofprysing tot die grootheid van Sy Afgesonderdheid, soos Hy voor ons magte uitgaan om vir ons te veg teen ons vyande.” Hulle het gesê: “Loof en dank יהוה, want Hy is goed, sy liefdevolle goedheid duur vir ewig!” Toe het die heuwels begin lofprys en die berge hulle verheug!

22. Toe hulle begin het om te sing en te lofprys, het יהוה ’n hinderlaag opgestel teen die seuns van `Ammon, Mo’av en die mense vanaf die gebergte van Se’ir wat teen Y’hudah gekom het en hulle is verslaan.

23. Die seuns van `Ammon en Mo’av het teen die inwoners van die gebergte van Se’ir opgestaan, om hulle volkome uit te roei en te vernietig en toe hulle ’n einde gemaak het aan die inwoners van Se’ir, het hulle mekaar gehelp om mekaar te vernietig.

24. Toe Y’hudah by die wagtoring in die wildernis kom, het hulle na die menigte gekyk en let op, hulle was dooie liggame wat op die grond geval het en niemand het ontsnap nie.

25. Toe Y’hoshafat en die mense van Yisra’el gekom het om die buit in te samel, het hulle ’n oorvloed van buit gekry: rykdom, tome, perde en kosbare juwele en hulle het vir hulself gevat wat hulle ook al begeer het.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 20