Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 20:16-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Maak gou, gaan af teen hulle, let op, hulle kom vroeg in die oggend op en julle sal hulle aan die einde van die vallei kry, voor die wildernis. Hulle kom op om teen jou te veg.

17. In daardie uur, staan stil en sien die verlossing wat יהוה vir jou sal bring. O, Y’hudah en Yerushalayim, moenie vrees of ontsteld wees nie, gaan môre teen hulle uit en יהוה sal julle help’.”

18. Toe het Y’hoshafat neergebuig met sy gesig teen die grond en aanbid en die hele Y’hudah en al die inwoners van Yerushalayim het voor die Teenwoordigheid van יהוה neergeval om יהוה te aanbid.

19. Die Leviete van die nageslag van die K’hatiete en uit die nageslag van die Koragiete het opgestaan om יהוה, die God van Yisra’el, met ’n baie harde stem te lofprys.

20. Hulle het vroeg die oggend opgestaan en na die wildernis van T’koa gegaan. Terwyl hulle uitgaan, het Y’hoshafat gaan staan en gesê: “Luister na my, Y’hudah en inwoners van Yerushalayim! Vertrou in יהוה, julle God sodat julle bevestig sal word; vertrou in sy profete en julle sal bevry word.”

21. Toe het hy tussen die volk gestaan en gesê: “Kom, laat ons dank bring aan יהוה en lofprysing tot die grootheid van Sy Afgesonderdheid, soos Hy voor ons magte uitgaan om vir ons te veg teen ons vyande.” Hulle het gesê: “Loof en dank יהוה, want Hy is goed, sy liefdevolle goedheid duur vir ewig!” Toe het die heuwels begin lofprys en die berge hulle verheug!

22. Toe hulle begin het om te sing en te lofprys, het יהוה ’n hinderlaag opgestel teen die seuns van `Ammon, Mo’av en die mense vanaf die gebergte van Se’ir wat teen Y’hudah gekom het en hulle is verslaan.

23. Die seuns van `Ammon en Mo’av het teen die inwoners van die gebergte van Se’ir opgestaan, om hulle volkome uit te roei en te vernietig en toe hulle ’n einde gemaak het aan die inwoners van Se’ir, het hulle mekaar gehelp om mekaar te vernietig.

24. Toe Y’hudah by die wagtoring in die wildernis kom, het hulle na die menigte gekyk en let op, hulle was dooie liggame wat op die grond geval het en niemand het ontsnap nie.

25. Toe Y’hoshafat en die mense van Yisra’el gekom het om die buit in te samel, het hulle ’n oorvloed van buit gekry: rykdom, tome, perde en kosbare juwele en hulle het vir hulself gevat wat hulle ook al begeer het.

26. Dit het gebeur na drie dae, toe hulle klaar die buit versamel het, so baie was dit, dat hulle op die vierde dag in die vallei van B’rakhah (Seëning) vergader het, want daar het hulle יהוה-God geseën; daarom word dié plek B’rakhah genoem tot vandag toe.

27. Toe het al die manne van Y’hudah na Yerushalayim teruggegaan met Y’hoshafat aan hulle hoof, want hulle het met vreugde na Yerushalayim teruggegaan, want יהוה het hulle hul laat verbly oor hul vyande.

28. Hulle het na Yerushalayim, na die huis van יהוה, gekom met liedere, harpe, siters en reguit en gebuigde trompette.

29. Die vrees vir God het op al die koninkryke van daardie lande geval toe hulle hoor dat יהוה teen die vyande van Yisra’el geveg het.

30. Die heerskappy van Y’hoshafat was rustig, want יהוה het aan hom rus gegee reg rondom.

31. Y’hoshafat het oor Y’hudah regeer. Hy was vyf en dertig jaar oud toe hy begin heers het en hy het vyf en twintig jaar in Yerusalayim regeer. Sy moeder se naam was `Azuvah, die dogter van Shilgi.

32. Hy het in al die lewenswyses van sy vader Asa geleef en daar nie van afgewyk nie, deur dit te doen wat reg was in die oë van יהוה.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 20