Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 20:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het hierna gebeur dat die seuns van Mo’av en die seuns van `Ammon, saam met die magtige soldate, teen Y’hoshafat kom veg het.

2. Toe het daar boodskappers gekom en aan Y’hoshafat berig gebring en gesê: “’n Groot weermag het teen u gekom van anderkant die see af, let op, hulle is al in Hatzatzon-Tamar, dit is `Ein-Gedi.”

3. Y’hoshafat was bang en hy het sy gesig opgelig om tot יהוה te bid en het ’n vas vir al die inwoners van Y’hudah uitgeroep. Hy het vir hulle gesê: “Kom, kry julleself bymekaar en laat ons van יהוה, ons God, vra.”

4. Al die inwoners van Y’hudah het bymekaargekom, selfs van veraf stede en hulle het gekom om van God te vra.

5. Y’hoshafat het opgestaan in die vergadering van Y’hudah in die huis van יהוה, wat in Yerushalayim is, voor die nuwe hof

6. en hy het gebid en gesê: “O יהוה, God van ons vaders, U is God in die hemel en U is die Heerser oor al die koninkryke van die nasies en aan U behoort die mag en die krag. Nou staan ek voor U en bid.Rom 11:1

7. U is ons God, wat die inwoners van hierdie land voor U volk Yisra’el vernietig het en dit vir die nageslag van Avraham, u vriend, gegee het vir ewig.

8. Hulle het daarin gebly en daarin vir U ’n Afgesonderde Plek gebou en gesê:

9. ‘Omdat daar ’n Afgesonderde Plek tussen ons is, sal geen boosheid oor ons kom nie; nie die swaard, straf, pes of hongersnood nie, of ons sal voor hierdie gebou, want U Naam (Karakter en Outoriteit) is uitgeroep oor hierdie gebou, voor U kom staan en ons sal tot U bid in hierdie gebou en U sal ons gebed hoor en ons red.’

10. Nou, let op, die kinders vanaf `Ammon, vanaf die berg Se’ir en vanaf Mo’av, met wie U Yisra’el nie wou laat meng toe U hulle uit Mitzrayim uitgebring het en die juk van Mitzrayim van hulle af verwyder het nie,

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 20