Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 18:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Y’hoshafat rykdom en eer in oorvloed gehad het, het hy ’n ooreenkoms met Ag’av aangegaan.

2. Na twee jaar het hy afgegaan na Ag’av, in Shomron en Ag’av het vir hom en die manskappe wat by hom was, skape en beeste in oorvloed geslag en hom aanbeveel om na Ramot-Gil’ad te gaan.

3. Ag’av, koning van Yisra’el, het vir Y’hoshafat, koning van Y’hudah gesê: “Sal u met my saam na Ramot-Gil’ad gaan?” Hy antwoord hom: “Ek sal gaan soos u gaan en my volk is soos u volk en my perde soos u perde; ons sal saam met u oorlog gaan maak.”

4. Y’hoshafat het vir die koning van Yisra’el gesê: “Raadpleeg eers die woord van יהוה vandag;”

5. daarom het die koning van Yisra’el van die profete bymekaargebring, vier honderd man en vir hulle gesê: “Sal ons teen Ramot-Gil’ad optrek om te veg of sal ek dit laat verbygaan?” Hulle antwoord: “ Gaan op, want יהוה sal u vyande in u hand gee.”

6. Y’hoshafat sê egter: “Is hier nie nog ’n ware profeet van יהוה dat ons hom kan raadpleeg nie?”

7. Die koning van Yisra’el antwoord Y’hoshafat: “Daar is nog een man deur wie ons יהוה kan raadpleeg, maar ek haat hom, want hy profeteer nooit goed oor my nie, maar altyd kwaad. Sy naam is Mikhay’hu, die seun van Yimlah.” Y’hoshafat het gesê: “Laat die koning nie so praat nie!”

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 18