Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 13:3-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Aviyah het ’n leër van dapper krygsmanne gemobiliseer, vier honderd duisend jong manskappe, wat op hulleself geneem het om teen Yarov’am, die seun van N’vat te gaan veg. Yarov’am het ook ’n leër gemobiliseer en het gekom om teen hom te veg met agt honderd duisend jong manskappe, magtige helde.

4. Aviyah het bo-op die berg Z’maraim gaan staan, wat aan die kant is van die Efrayimgebergte en gesê: “Luister na my, Yarov’am, seun van N’vat en die hele Yisra’el!

5. Miskien weet julle dat יהוה, die God van Yisra’el, die koninkryk oor Yisra’el aan Dawid gegee het vir ewig, aan hom en aan sy seuns, deur ’n verbond aangaande die koningskap,

6. nogtans het Yarov’am, die seun van N’vat, die dienskneg van Shlomo, seun van Dawid, opgestaan en teen sy meester gerebelleer

7. en sekere bose manne by hom bymekaar gemaak en hulle sterk gemaak teen Regav’am, seun van Shlomo toe Regav’am jonk en onervare was en nie geweet het wat om te sê nie en nie die mense vertroos het aangaande die swaar las wat sy vader, Shlomo, op hulle gelê het nie.

8. Selfs nou, wat kan julle sê? Julle het weggegaan en die koninkryk van die huis van Dawid verwerp en dooie gode gaan aanbid. Ek heers oor ’n enkele stam, maar julle oor baie stamme en daar is goue kalwers by julle wat Yarov’am, seun van N’vat, vir julle gemaak het.

9. Julle het die priesters, die seuns van Aharon en die Leviete uitgegooi en vir julleself priesters gemaak uit die volke van die lande. Wie ook al kom om ’n offer te bring, van hom vat julle ’n jong bul en sewe ramme en hy word ’n priester van wat nie gode is nie,

10. maar ons, ons het יהוה, ons God, nie verlaat nie en die priesters wat tot יהוה dien is seuns van Aharon en die Leviete dien soos hulle moet.

11. Hulle offer brandoffers tot יהוה elke oggend en elke aand, asook soet wierook en stel die brode van die Teenwoordigheid op op die rein tafel. Die goue kandelaar met sy lampe word elke aand opgesteek deur ’n jongman wat beheer het daaroor. So hou ons wag oor die instellings van יהוה, ons God.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 13