Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 11:18-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Regav’am het vir Magalat, die dogter van Yerimot, die seun van Dawid, vir hom as vrou gevat en vir Avigayil, die dogter van Eli’av, die seun van Yishai,

19. wat vir hom geboorte gegee het aan seuns: Ye’ush, Sh’maryah en Zaham.

20. Ná haar het hy vir Ma’akhah, die dogter van Avshalom, gevat, wat vir hom geboorte gegee het aan Aviyah, `Atai, Ziza en Shlomit.

21. Regav’am het vir Ma’akhah, die dogter van Avshalom, meer liefgehad as al sy vroue en sy byvroue, want hy het agttien vroue en sestig byvroue gevat en hy het agt en twintig seuns en sestig dogters gehad.

22. Regav’am het Aviyah, die seun van Ma’akhah, kroonprins gemaak, om te heers tussen sy broers, want hy het beplan om hom koning te maak.

23. Hy het verstandig opgetree en al sy seuns versprei in al die streke van Y’hudah en Binyamin, in al die versterkte stede en aan hulle kos in oorvloed gegee. Hy het baie vrouens begeer.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 11