Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 1:6-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Shlomo het daar op die koper altaar, wat by die Tent van Ontmoeting was, ’n duisend brandoffers gebring.

7. Daardie nag het יהוה aan Shlomo verskyn in ’n visioen en vir hom gesê: “Vra wat Ek aan jou moet gee.”

8. Shlomo het vir יהוה gesê: “U het aan my vader, Dawid, groot onverdiende guns bewys en my in sy plek laat heers.

9. O יהוה, my God, laat U belofte aan my vader, Dawid, bevestig word, want U het my koning gemaak oor hierdie volk, talryk soos die stof van die aarde.1 Kro 22:12

10. Gee nou vir my wysheid en kennis sodat ek voor hierdie volk kan uit- en ingaan, want wie kan hierdie groot volk van U regeer?”

11. Toe sê God aan Shlomo: “Omdat dít in jou gedagtes was en jy nie rykdom, eer en die lewe van jou vyande of ’n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jouself gevra het om My volk, waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer,

12. gee Ek ook aan jou die dinge wat jy nie gevra het nie. Ek sal vir jou wysheid, kennis, rykdom, skatte en eer gee soos wat die konings wat voor jou was, nie gehad het nie en niemand ná jou ook sal hê nie.

13. Shlomo het vanaf sy reis, na die groot feesmaal van voor die Tent van Ontmoeting, wat by die dorp Giv’on, oos van Yerushalayim, was, gekom en oor die hele Yisra’el regeer.Deut 17:16; 1 Kon 10:26

14. Shlomo het strydwaens en perderuiters bymekaargemaak en hy het een duisend vier honderd waens en twaalf duisend perderuiters gehad, wat hy in die stede vir strydwaens en sommige by die koning in Yerushalayim gesit het.1 Kon 10:27; 2 Kro 9:27

15. Die koning het silwer in Yerushalayim so algemeen gemaak soos klippe en seders so volop soos wildevyebome wat in die Laagland is.Deut 17:16; 1 Kon 10:28

16. Die koning se handelaars het vir Shlomo perde gekoop vanaf Mitzrayim en vanaf die stede van Keveh vir ’n prys.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 1