Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 3:14-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Elisha sê: “So waar as יהוה-Tzva’ot leef voor wie se Teenwoordigheid ek staan, as dit nie was dat ek die teenwoordigheid van Y’hoshafat, die koning van Y’hudah, geag het nie, sou ek nie na u gekyk of u raakgesien het nie,

15. maar bring nou vir my ’n musikant.” Dit het gebeur toe die musikant speel dat die hand van יהוה op hom gekom het.

16. Hy het gesê: “So sê יהוה: ‘Maak hierdie vallei vol slote,’

17. want so sê יהוה: ‘Julle sal geen wind of reën sien nie; tog sal hierdie vallei gevul word met water sodat julle sal drink, beide julle, julle beeste en julle ander diere.

18. Hierdie is maar ’n geringe ding in die oë van יהוה; Hy sal ook die Mo’aviete in julle hand gee.

19. Dan moet julle elke versterkte stad en elke uitgesoekte stad slaan en elke goeie boom afkap, al die waterfonteine toestop en elke goeie stuk grond met klippe bederf.’”

20. Dit het die volgende oggend omtrent die tyd dat hulle die offer bring, gebeur dat, let op, water van die kant van Edom af kom en die land is gevul met water.

21. Al die Mo’aviete het gehoor dat die konings opgekom het om teen hulle te veg en almal wat in staat was om die wapenrusting aan te trek en ouer, is opgeroep en hulle het op die grens gestaan.

22. Hulle het vroeg die oggend opgestaan en die son het op die water geskyn en die Mo’aviete het die water oorkant hulle so rooi soos bloed gesien.

23. Toe sê hulle: “Dit is bloed; die konings het sekerlik teen mekaar baklei en die een het die ander neergeslaan. Nou, daarom, Mo’av na die buit!”

24. Toe hulle egter by die kamp van Yisra’el kom, het die Yisra’eliete opgestaan en die Mo’aviete verslaan sodat hulle voor hul gevlug het en hulle het vorentoe gegaan, in die land in en die Mo’aviete neergeslaan.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 3