Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 21:8-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Ek sal die voet van Yisra’el nie meer laat rondswerf uit die land wat Ek aan hulle vaders gegee het nie, as hulle net sal oplet om alles te doen, volgens wat Ek hulle beveel het en volgens die hele wet wat My dienskneg Moshe hulle beveel het.”

9. Hulle het egter nie geluister nie en M’nasheh het hulle verlei om meer boosheid te doen as die nasies wat יהוה voor die seuns van Yisra’el vernietig het.

10. Nou het יהוה deur Sy diensknegte, die profete, gepraat en gesê:

11. “Omdat M’nasheh, koning van Y’hudah, hierdie gruwels gedoen het, boser as wat al die Emoriete gedoen het wat voor hom was en ook vir Y’hudah laat sondig het deur sy afgode;

12. daarom, so sê יהוה, die God van Yisra’el: ‘Let op, Ek bring sulke katastrofes oor Yerushalayim en Y’hudah, wat, as enige iemand daarvan hoor, beide sy ore sal tuit.

13. Ek sal die meetsnoer van Shomron en die skietlood van die huis van Ag’av oor Yerushalayim span en Ek sal Yerushalayim skoonvee soos ’n mens ’n bord skoonvee: dit skoonvee en onderstebo draai.

14. Ek sal die oorblyfsels van My erfenis verwerp en hulle in die hand van hul vyande oorgee en hulle sal soos buit en plunder word vir al hul vyande

15. omdat hulle boos gedoen het in My oë en My gedurig getart het tot woede sedert die dag dat hulle vaders uit Mitzrayim uitgekom het, tot vandag toe.’”

16. Meer nog, M’nasheh het vreeslik baie onskuldige bloed vergiet totdat hy Yerushalayim van end tot end daarmee gevul het, behalwe sy sonde waarmee hy Y’hudah laat sondig het om te doen wat boos was in die oë van יהוה.2 Kro 33:10-19

17. Die res van die dade van M’nasheh en alles wat hy gedoen het en sy sonde wat hy begaan het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?2 Kro 33:20-25

18. M’nasheh is neergelê by sy vaders en is begrawe in die tuin van sy eie huis, in die tuin van die skatkamer. Amon, sy seun, het in sy plek koning geword.

19. Amon was twee en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het vir twee jaar in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was Meshullemet, die dogter van Harutz, van Yotvah.

20. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה, soos M’nasheh, sy vader, gedoen het.2 Kro 33:2-7, 22

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 21