Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 2:7-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Vyftig man van die profete-seuns het gegaan en op ’n afstand oorkant hulle gaan staan terwyl hulle twee by die Yarden staan.

8. Eliyahu vat sy mantel en vou dit bymekaar en slaan op die water en dit is na weerskante verdeel sodat hulle twee op droë grond oorgegaan het.

9. Nadat hulle oorgegaan het, sê Eliyahu vir Elisha: “Vra wat ek vir jou moet doen voordat ek van jou af weggevat word.” Elisha antwoord: “Laat asseblief ’n dubbele deel van u gees op my wees.”

10. Hy het gesê: “Jy het ’n harde ding gevra. Nogtans, as jy my sien wanneer ek van jou af weggevat word, sal dit so vir jou wees, maar indien nie, dan sal dit nie wees nie.”

11. Terwyl hulle loop en praat, let op: ’n strydwa van vuur, met perde van vuur, wat skeiding tussen hulle twee maak en Eliyahu het in ’n warrelwind na die hemel opgegaan.

12. Elisha het dit gesien en uitgeroep: “My vader, my vader, die strydwa van Yisra’el en sy ruiters!” Hy het Eliyahu nie meer gesien nie. Toe het hy sy klere gegryp en dit in twee stukke geskeur.

13. Hy het ook die mantel van Eliyahu, wat van hom afgeval het, opgetel en teruggegaan en op die wal van die Yarden gestaan.

14. Hy het die mantel van Eliyahu gevat wat van hom afgeval het en die water geslaan en gesê: “Waar is יהוה, die God van Eliyahu?” Ook toe hy die water geslaan het, is dit na weerskante verdeel en Elisha het oorgegaan.

15. Toe die profete-seuns wat by Yerigo, oorkant hom was, hom sien, het hulle gesê: “Die gees van Eliyahu rus op Elisha!” Hulle het gekom om hom te ontmoet en voor hom na die grond toe gebuig.

16. Hulle het vir hom gesê: “Let op, daar is by u diensknegte vyftig sterk manne; laat hulle asseblief u meester gaan soek; miskien het die Gees van יהוה hom opgevat en hom op een of ander berg of in ’n sekere vallei gesit.” Hy het gesê: “Julle sal nie stuur nie!”

17. Toe hulle egter aanhou tot hy verleë was, sê hy: “Stuur.” Hulle het daarom vyftig man gestuur en hulle het drie dae lank gesoek, maar hom nie gekry nie.

18. Hulle het na hom toe teruggekom terwyl hy nog in Yerigo bly en hy vra vir hulle: “Het ek nie vir julle gesê nie: ‘Moenie gaan nie?’”

19. Toe het die manne van die stad vir Elisha gesê: “Let op, die ligging van die stad is gunstig, soos my meester sien, maar die water is sleg en die grond onvrugbaar.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 2