Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 13:21-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Terwyl hulle besig was om ’n man te begrawe, let op, sien hulle ’n plunderende bende en gooi die man in die graf van Elisha. Toe die man die gebeente van Elisha raak, het hy lewendig geword en op sy voete gestaan.

22. Haza’el, koning van Aram, het Yisra’el onderdruk, al die dae van Y’ho’agaz,

23. maar יהוה was goedgunstig tot hulle en het omgee vir hulle gehad en na hulle toe gedraai ter wille van Sy verbond met Avraham, Yitz’gak en Ya’akov en Hy wou hulle nie vernietig en van Sy Teenwoordigheid af weggooi nie; tot nou toe.

24. Toe Haza’el, koning van Aram, sterf, het Ben-Hadad, sy seun, in sy plek koning geword.

25. Toe het Y’ho’ash, die seun van Y’ho’agaz, weer die stede uit die hand van Ben-Hadad, die seun van Haza’el, teruggevat wat hy uit die hand van Y’ho’agaz, sy vader, in die oorlog gevat het. Y’ho’ash het hom drie maal verslaan en die stede van Yisra’el herower.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 13