Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 11:5-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hy het hulle beveel en gesê: “Dit is wat julle moet doen: een derde van julle wat op die Shabbat inkom, moet wag hou by die huis van die koning,

6. ’n derde deel by die poort Sur en ’n derde deel by die poort agter die wagte en julle moet wag hou oor die huis om dit te verdedig.

7. Twee dele van julle, almal wat op die Shabbat uitgaan, moet ook waghou by die huis van יהוה vir die koning.

8. Dan moet julle die koning omring, elkeen met sy wapens in sy hand en wie ook al in die rye inkom, moet gedood word en julle moet by die koning wees as hy uit- en ingaan.”

9. Die bevelvoerders oor ’n honderd het toe alles gedoen soos die priester Y’hoyada beveel het en elkeen het sy manne wat op die Shabbat inkom saam met die wat op die Shabbat uitgaan gevat en na die priester Y’hoyada gekom.

10. Die priester het die spiese en die skilde van koning Dawid aan die bevelvoerders oor ’n honderd gegee wat in die huis van יהוה was.

11. Die wagte het elkeen gaan staan met sy wapens in sy hand, vanaf die regterkant van die huis tot by die linkerkant van die huis, by die altaar en by die huis, rondom die koning.

12. Toe het hy die seun van die koning uitgebring en die koninklike kroon op sy kop gesit, hom gesalf en hom koning gemaak; hulle het met die hande geklap en gesê: “Laat die koning lewe!”

13. Toe `Atalyah die stem van die wagte en van die mense hoor, het sy na die mense in die huis van יהוה gekom.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 11