Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 11:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe `Atalyah, die moeder van Agazyah, sien dat haar seun dood is, het sy opgestaan en die hele koninklike nageslag vernietig,

2. maar Y’hosh’va, die dogter van koning Y’horam, die suster van Agazyah, het Yo’ash, die seun van Agazyah, gevat en hom gesteel vanuit die koning se seuns wat doodgemaak is en hom en sy versorger in haar slaapkamer gesit. So het hulle hom dan vir `Atalyah weggesteek en hy is nie gedood nie.

3. Hy was saam met haar in die huis van יהוה weggesteek, ses jaar lank terwyl `Atalyah oor die land regeer.

4. In die sewende jaar het Y’hoyada gestuur en die bevelvoerders oor ’n honderd van die lyfwagte en van die wagte laat haal en by hom in die huis van יהוה laat kom. Toe het hy met hulle ’n verbond gesluit en hulle onder eed geplaas in die huis van יהוה en vir hulle die koning se seun gewys.

5. Hy het hulle beveel en gesê: “Dit is wat julle moet doen: een derde van julle wat op die Shabbat inkom, moet wag hou by die huis van die koning,

6. ’n derde deel by die poort Sur en ’n derde deel by die poort agter die wagte en julle moet wag hou oor die huis om dit te verdedig.

7. Twee dele van julle, almal wat op die Shabbat uitgaan, moet ook waghou by die huis van יהוה vir die koning.

8. Dan moet julle die koning omring, elkeen met sy wapens in sy hand en wie ook al in die rye inkom, moet gedood word en julle moet by die koning wees as hy uit- en ingaan.”

9. Die bevelvoerders oor ’n honderd het toe alles gedoen soos die priester Y’hoyada beveel het en elkeen het sy manne wat op die Shabbat inkom saam met die wat op die Shabbat uitgaan gevat en na die priester Y’hoyada gekom.

10. Die priester het die spiese en die skilde van koning Dawid aan die bevelvoerders oor ’n honderd gegee wat in die huis van יהוה was.

11. Die wagte het elkeen gaan staan met sy wapens in sy hand, vanaf die regterkant van die huis tot by die linkerkant van die huis, by die altaar en by die huis, rondom die koning.

12. Toe het hy die seun van die koning uitgebring en die koninklike kroon op sy kop gesit, hom gesalf en hom koning gemaak; hulle het met die hande geklap en gesê: “Laat die koning lewe!”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 11