Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 9:14-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Hulle het opgegaan na die stad toe. Toe hulle in die stad ingaan, let op, het Sh’mu’el uitgekom na hulle toe om op te gaan na die hoë plek toe.

15. ’n Dag voor Sha’ul se koms het יהוה aan Sh’mu’el geopenbaar en gesê:

16. “Ongeveer hierdie tyd môre sal Ek ’n man uit die land van Binyamin na jou toe stuur en jy moet hom salf as ’n heerser oor My volk Yisra’el en hy sal My volk bevry uit die hand van die F’lishtyne, want Ek het My volk in ag geneem omdat hulle geroep na My gekom het.

17. Toe Sh’mu’el vir Sha’ul sien, het יהוה vir hom gesê: “Let op, die man van wie Ek met jou gepraat het! Hierdie een sal heers oor My mense.”

18. Toe het Sha’ul nadergekom na Sh’mu’el in die poort en gevra: “Wys my asseblief waar die huis van die siener is?”

19. Sh’mu’el het Sha’ul geantwoord en gesê: “Ek is die siener! Gaan op voor my uit na die hoë plek, want julle sal vandag saam met my eet en ek sal jou in die oggend vroeg laat gaan en alles wat in jou gedagtes is, sal ek vir jou vertel.

20. Wat die donkies betref wat drie dae gelede weg is, moenie aan hulle dink nie, want hulle is gevind en vir wie is alles wat begeerlik is in Yisra’el? Is dit nie vir jou en jou vader se hele huishouding nie?”

21. Sha’ul antwoord: “Is ek nie ’n Binyaminiet, uit die kleinste van die stamme van Yisra’el en my familie die geringste uit al die families van die stam van Binyamin nie? Waarom praat u dan so met my?”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 9