Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 9:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Daar was ’n man van Binyamin met die naam van Kish, die seun van Avi’el, die seun van Tz’ror, die seun van B’khorat, die seun van Afiag, ’n Binyaminiet, ’n magtige man van dapperheid.

2. Hy het ’n seun gehad met die naam van Sha’ul, ’n keur jongman en aantreklik, daar was onder die seuns van Yisra’el geeneen meer aantreklik as hy nie; van sy skouers af op was hy langer as enige van die mense.

3. Die donkies van Kish, die vader van Sha’ul, was weg. Kish het vir Sha’ul gesê: “Vat nou een van die diensknegte saam met jou en staan op, gaan soek na die donkies.”

4. Hy het deur die bergland van Efrayim en deur die land van Shalishah gegaan, maar hulle nie gekry nie. Toe gaan hulle deur die land Sha’alim, maar daar was niks nie. Toe gaan hy deur die land van Binyamin, maar hulle het niks gekry nie.

5. Toe hulle by die land van Tzuf kom, sê Sha’ul aan die dienskneg wat by hom was: “Kom, laat ons teruggaan, anders hou my vader op bekommerd wees oor die donkies en word angstig oor ons.”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 9