Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 7:8-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Toe sê die seuns van Yisra’el vir Sh’mu’el: “Moenie ophou om na יהוה, ons God, uit te roep namens ons nie dat Hy ons uit die hand van die F’lishtyne mag red.”

9. Sh’mu’el het ’n suiglam gevat en dit as ’n volkome brandoffer aan יהוה geoffer en Sh’mu’el het tot יהוה uitgeroep namens Yisra’el en יהוה het hom geantwoord.

10. Sh’mu’el het die brandoffer gebring en die F’lishtyne het nadergekom om teen Yisra’el te veg, maar יהוה het op dié dag met ’n groot donderslag teen die F’lishtyne gedonder en hulle in verwarring gebring sodat hulle verslaan is voor Yisra’el.

11. Die manne van Yisra’el het uit Mitzpah uitgetrek en die F’lishtyne agtervolg en hulle neergeslaan tot so ver as onderkant Beit-Kar.

12. Toe het Sh’mu’el ’n klip gevat en dit opgerig tussen Mitzpah en Shen en dit Evenha`Ezer genoem en gesê: “Tot hiertoe het יהוה ons gehelp.”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 7