Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 7:12-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Toe het Sh’mu’el ’n klip gevat en dit opgerig tussen Mitzpah en Shen en dit Evenha`Ezer genoem en gesê: “Tot hiertoe het יהוה ons gehelp.”

13. So is die F’lishtyne onderwerp en hulle het nie meer die gebied van Yisra’el binnegekom nie en die hand van יהוה was teen die F’lishtyne, al die dae van Sh’mu’el.

14. Die stede wat die F’lishtyne van Yisra’el afgevat het, is tot Yisra’el herstel, van `Ekron af tot by Gat en Yisra’el het hulle gebied uit die hand van die F’lishtyne bevry. Daar was vrede tussen Yisra’el en die Emoriete.

15. Sh’mu’el was rigter oor Yisra’el al die dae van sy lewe.

16. Hy het van jaar tot jaar rondgetrek na Beit-El, Gilgal en Mitzpah en Yisra’el op al hierdie plekke gerig.

17. Dan gaan hy na Ramah terug, want sy huis was daar en daar het hy Yisra’el gerig en daar vir יהוה ’n altaar gebou.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 7