Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 6:4-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Toe vra hulle: “Wat sal die skuldoffer wees wat ons aan Hom moet teruggee?” Hulle sê: “Vyf goue gewasse en vyf goue muise, volgens die getal van die meesters van die F’lishtyne, want een plaag was oor julle almal en oor julle meesters.

5. Julle moet beelde maak van julle gewasse en beelde van julle muise wat die land teister en julle moet eer, lof en aanbidding gee aan die God van Yisra’el; miskien sal Hy Sy hand verlig oor julle, julle gode en julle land.

6. Waarom dan verhard julle jul verstand, wil en emosie soos die Mitzrayiete en Farao hulle verhard het? Het hulle hul nie toegelaat om weg te trek nadat Hy hulle swaar gestraf het nie en hulle het weggegaan?

7. Vat en berei daarom ’n nuwe wa voor en twee melkkoeie waar geen juk op was nie; span die koeie in voor die wa en vat hulle kalwers van hulle af weg, huis toe.

8. Vat die ark van יהוה en sit dit op die wa en sit die goue voorwerpe wat julle aan Hom as skuldoffer teruggee, in ’n kis langsaan. Stuur dit dan weg dat dit kan gaan.

9. Hou dop: as dit in die rigting van sy eie gebied, na Beit-Shemesh, opgaan, dan het Hy hierdie groot boosheid aan ons gedoen, maar so nie, dan weet ons dat dit nie Sy hand was wat ons getref het nie: dit het toevallig met ons gebeur.”

10. Toe doen die manne so en vat twee melkkoeie en span hulle voor die wa en maak hulle kalwers by die huis toe.

11. Hulle sit die ark van יהוה op die wa, asook die kis met die goue muise en die beelde van hulle gewasse.

12. Die koeie het die reguit pad in die rigting van Beit-Shemesh gevat; hulle het op die hoofpad, al bulkend, geloop sonder om regs of links uit te draai en die meesters van die F’lishtyne het hulle gevolg tot by die grens van Beit-Shemesh.

13. Die mense van Beit-Shemesh was besig om die koringoes af te sny in die vallei. Hulle het hul oë opgeslaan, die ark gesien en hulle was verheug om dit te sien.

14. Die wa het in die veld van Y’hoshua van Beit-Shemesh gekom en daar gaan staan waar daar ’n groot klip was en hulle het die hout van die wa gekloof en die koeie as ’n brandoffer aan יהוה geoffer.

15. Die Leviete het die ark van יהוה afgehaal met die kis wat daarby was, waarin die goue voorwerpe was en hulle op die groot klip neergesit en die manne van Beit-Shemesh het daardie dag aan יהוה brandoffers geoffer en slagoffers geslag.

16. Toe die vyf meesters van die F’lishtyne dit sien, het hulle daardie dag teruggegaan na `Ekron.

17. Hierdie is die goue gewasse wat die F’lishtyne as ’n skuldoffer aan יהוה teruggegee het: vir Ashdod een, vir Gazah een, vir Ashkelon een, vir Gat een, vir `Ekron een.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 6