Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 4:16-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Die man het vir `Eli gesê: “Ek is die een wat vanaf die gevegslyn gekom het. Waarlik, ek het vandag van die gevegslyn af ontvlug.” Hy vra: “Hoe het dinge gegaan, my seun?”

17. Toe het die een wat die nuus gebring het, geantwoord: “Yisra’el het voor die F’lishtyne gevlug en daar was ook ’n groot slagting onder die manne en u twee seuns, Hofni en Pin’gas, is dood en die ark van God is gevat.”

18. Toe hy die ark van God noem, val `Eli agteroor van die stoel af langs die poort; sy nek was gebreek en hy het gesterf, want hy was oud en swaar. So het hy Yisra’el veertig jaar lank gerig.

19. Sy skoondogter, die vrou van Pin’gas, was verwagtend en op die punt om geboorte te gee en toe sy die tyding hoor dat die ark van God gevat is en dat haar skoonvader en haar man gesterf het, het sy neergekniel en geboorte gegee, want haar pyn het haar oorval.

20. Op die tyd van haar dood, sê die vroue wat by haar staan: “Moenie bang wees nie, want jy het geboorte gegee aan ’n seun,” maar sy het nie geantwoord of aandag gegee nie.

21. Sy het die seun I-Khavod genoem en gesê: “Die eer en lof het uit Yisra’el uit weggegaan” omdat die ark van God weggevat is en as gevolg van haar skoonvader en haar man.

22. Sy het gesê: “Die eer en lof is weg uit Yisra’el uit omdat die ark van God gevat is.”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 4