Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 3:4-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. dat יהוה na Sh’mu’el geroep het en hy sê: “Hier is ek.”

5. Toe hardloop hy na `Eli en sê: “Hier is ek, want u het my geroep,” maar hy antwoord: “Ek het nie geroep nie; gaan lê weer.” Hy het toe geloop en gaan lê.

6. יהוה het weer geroep: “Sh’mu’el!” Sh’mu’el het opgestaan en na `Eli gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep,” maar hy antwoord: “Ek het nie geroep nie, my seun, gaan lê weer.”

7. Nou Sh’mu’el het nog nie ’n verbondsverhouding met יהוה gehad nie; ook was die boodskap van יהוה nog nie aan hom geopenbaar nie.

8. יהוה het Sh’mu’el weer geroep, vir die derde maal en hy het opgestaan en na `Eli gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Toe het `Eli onderskei dat יהוה die jongman geroep het

9. en `Eli het vir Sh’mu’el gesê: “Gaan lê en as Hy jou roep, moet jy antwoord: ‘Praat, יהוה, want U dienskneg luister.’” Sh’mu’el het geloop en op sy plek gaan lê.

10. Toe het יהוה gekom en gaan staan en geroep soos die ander kere: “Sh’mu’el, Sh’mu’el!” Sh’mu’el het gesê: “Praat, want U dienskneg luister.”

11. יהוה het vir Sh’mu’el gesê: “Let op, Ek is op die punt om ’n ding in Yisra’el te doen waarvan albei die ore van elkeen wat dit hoor sal tuit.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 3