Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 22:18-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Toe sê die koning vir Do’eg: “Draai jy om en val die priesters aan.” Do’eg, die Edomiet, het omgedraai en die priesters aangeval en hy het op dié dag vyf en tagtig man wat die linne skouerkleed dra, gedood.

19. Hy het ook die priesterstad Nov met die skerpte van die swaard geslaan, beide mans en vroue, kinders en suigelinge; ook die beeste, donkies en skape het hy met die skerpte van die swaard geslaan.

20. Een seun van Agimelekh, die seun van Agituv, met die naam van Avyatar, het ontsnap en agter Dawid aan gevlug.

21. Avyatar het vir Dawid vertel dat Sha’ul die priesters van יהוה vermoor het.

22. Toe sê Dawid vir Avyatar: “Ek het op daardie dag, toe Do’eg, die Edomiet, daar was, geweet dat hy sekerlik vir Sha’ul sou vertel. Ek is die oorsaak van die dood van al die lede van jou vader se huishouding.

23. Bly by my; moenie bang wees nie, jy is veilig by my, want hy wat my lewe soek, soek jou lewe ook.”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 22