Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 2:29-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. Waarom het julle geskop na (hanteer julle verkeerd) My offers en vrywillige offers wat Ek in die wildernis beveel het en eer jy jou seuns bo My, deur julleself vet te maak met die beste van elke offer van My volk Yisra’el?’

30. יהוה, die God van Yisra’el verklaar daarom: ‘Ek het sekerlik gesê dat jou huis en die huis van jou vader vir altyd voor My aangesig sal loop,’ maar nou verklaar יהוה: ‘Dit is ver van My, want die wat My eer, sal Ek eer en die wat My verag, sal min geag wees.

31. Let op, die dae kom dat Ek jou sterkte en die sterkte van jou vader se huis sal breek sodat daar nie ’n ou man in jou huis sal wees nie.

32. Jy sal die benoudheid van My huis aanskou, ten spyte van al die goed wat Ek vir Yisra’el doen en vir ewig sal daar nie ’n ou man in jou huis wees nie.1 Kon 2:26-27

33. Tog sal Ek nie al jou manne afsny van My altaar nie sodat jou oë nie sal huil en jou verstand, wil en emosie treur nie en al die vermeerdering van jou huis, sal in die fleur van die lewe sterf.

34. Hierdie sal vir jou die teken wees wat oor jou twee seuns, oor Hofni en Pingas, sal kom: op een dag sal hulle altwee sterf.Yeg 44:10-15

35. Ek sal egter vir My ’n getroue priester opwek wat sal doen volgens wat in My Gees en in My verstand, wil en emosie is en Ek sal vir hom ’n standhoudende huis bou en hy sal altyd voor My gesalfdes loop.’

36. Almal wat in jou huis oorbly, sal kom om voor hom neer te buig vir ’n stukkie silwer of ’n brood en sê: ‘Stel my asseblief aan as een van die priesters sodat ek ’n stukkie brood kan eet’.”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 2