Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 2:17-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. So was die sonde van die jongmanne baie groot voor יהוה, want die manne het die offer aan יהוה verag.

18. Sh’mu’el het as seun bedien voor die Teenwoordigheid van יהוה, omgord met ’n linne skouerkleed.

19. Sy moeder het jaar na jaar vir hom ’n klein kledingtukkie gemaak en dit vir hom gebring wanneer sy saam met haar man opgaan om die jaarlikse offer te bring.

20. Dan sal `Eli vir Elkanah en sy vrou seën en sê: “Mag יהוה jou seuns gee uit hierdie vrou in die plek van die een wat sy aan יהוה toegewy het.” Hulle het na hulle huis toe gegaan.

21. יהוה het Hannah besoek en sy is bevrug en het geboorte gegee aan drie seuns en twee dogters. Die seun Sh’mu’el het groot geword voor יהוה.

22. `Eli was baie oud en hy het alles wat sy seuns aan die hele Yisra’el doen en hoe hulle by die vroue, wat dien by die ingang van die Tent van Ontmoeting, gelê het, gehoor.

23. Hy het vir hulle gesê: “Waarom doen julle sulke dinge, die bose dinge wat ek van al hierdie mense hoor?

24. Nee, my seuns, die verslag wat ek hoor is nie goed nie, want julle dryf die mense weg van יהוה af.

25. As een mens teen ’n ander sondig, sal God vir hom intree, maar as ’n mens teen יהוה sondig, wie kan vir hom tussenbeide tree?” Hulle wou egter nie na die stem van hul vader luister nie, want יהוה het begeer om hulle dood te maak.Luk 2:52

26. Nou die seun Sh’mu’el het gegroei in grootte en in guns by יהוה, sowel as by die mense.

27. Toe het ’n man van God by `Eli gekom en vir hom gesê: “So sê יהוה: ‘Het Ek My nie sekerlik openbaar aan die huis van jou vader toe hulle in Mitzrayim in die huis van Farao was nie?

28. Het Ek hulle nie vir My as priester gekies vanuit al die stamme van Yisra’el om op te klim na My altaar, om reukwerk aan die brand te steek en om ’n skouerkleed voor My te dra nie en het Ek nie aan die huis van jou vader al die vuuroffers van die seuns van Yisra’el gegee nie?

29. Waarom het julle geskop na (hanteer julle verkeerd) My offers en vrywillige offers wat Ek in die wildernis beveel het en eer jy jou seuns bo My, deur julleself vet te maak met die beste van elke offer van My volk Yisra’el?’

30. יהוה, die God van Yisra’el verklaar daarom: ‘Ek het sekerlik gesê dat jou huis en die huis van jou vader vir altyd voor My aangesig sal loop,’ maar nou verklaar יהוה: ‘Dit is ver van My, want die wat My eer, sal Ek eer en die wat My verag, sal min geag wees.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 2