Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 11:9-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Hulle het aan die boodskappers wat gekom het, gesê: “So moet julle vir die manne van Yavesh-Gil’ad sê: ‘Môre, teen die tyd dat die son warm is, sal julle bevryding hê.’” Die boodskappers het gegaan en dit aan die manne van Yavesh vertel en hulle was verheug.

10. Toe sê die manne van Yavesh: “Môre sal ons na julle toe uitkom en julle kan met ons doen net wat julle goeddink.”

11. Die volgende oggend het Sha’ul die manne in drie afdelings verdeel en hulle het tydens die oggendwag in die kamp ingekom en die `Ammoniete verslaan tot op die warm tyd van die dag. Die wat oorleef het, is verstrooi sodat nie twee van hulle bymekaar oorgebly het nie.

12. Toe sê die manne vir Sh’mu’el: “Wie is hy wat gesê het: ‘Sal Sha’ul oor ons regeer?’ Bring die manne dat ons hulle kan doodmaak.”

13. Sha’ul antwoord egter: “Op hierdie dag mag geen man gedood word nie, want vandag het יהוה ’n bevryding in Yisra’el uitgevoer.”

14. Toe sê Sh’mu’el vir die mense: “Kom, laat ons na Gilgal gaan en die koningskap daar vernuwe.”

15. Al die mense het na Gilgal gegaan en daar, in Gilgal, vir Sha’ul koning gemaak voor die Teenwoordigheid van יהוה. Daar het hulle ook vredesoffers voor die Teenwoordigheid van יהוה geoffer en daar was Sha’ul en al die manne van Yisra’el grootliks verheug.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 11