Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 10:2-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Wanneer jy vandag van my af weggaan, sal jy twee manne naby die graf van Ragel, in die gebied van Binyamin by Tzeltzah, vind, wat vir jou sal sê: ‘Die donkies wat jy gaan soek het, is gevind. Nou, let op, jou vader het opgehou bekommer oor die donkies en is besorg oor jou en vra: “Wat sal ek doen aangaande my seun?”’

3. Dan sal jy van daar af verder gaan en kom by die Eikeboom van Tavor en daar sal drie manne jou kry wat na God, by Beit-El, opgaan: een dra drie bokkies, die ander een dra drie brode en die ander dra ’n sak wyn.

4. Hulle sal jou groet en vir jou twee brode gee, wat jy uit hulle hand sal aanvaar.

5. Daarna sal jy kom by Giv’ah van God, waar die garnisoen van die F’lishtyne is en dit sal wees sodra jy daar by die stad kom dat jy ’n groep profete sal ontmoet wat van die hoë plek af kom met harp, tamboeryn, fluit en lier voor hulle uit terwyl hulle profeteer.

6. Dan sal die Gees van יהוה kragtig op jou kom en jy sal saam met hulle profeteer en in ’n ander mens verander word.

7. Dit sal wees dat, as hierdie tekens na jou toe kom, doen dan wat die geleentheid vereis, want God is met jou.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 10