Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 10:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Sh’mu’el die kruik met olie gevat, dit op sy kop uitgegooi, hom gesoen en gesê: “Het יהוה jou nie gesalf as heerser oor Sy erfenis nie?

2. Wanneer jy vandag van my af weggaan, sal jy twee manne naby die graf van Ragel, in die gebied van Binyamin by Tzeltzah, vind, wat vir jou sal sê: ‘Die donkies wat jy gaan soek het, is gevind. Nou, let op, jou vader het opgehou bekommer oor die donkies en is besorg oor jou en vra: “Wat sal ek doen aangaande my seun?”’

3. Dan sal jy van daar af verder gaan en kom by die Eikeboom van Tavor en daar sal drie manne jou kry wat na God, by Beit-El, opgaan: een dra drie bokkies, die ander een dra drie brode en die ander dra ’n sak wyn.

4. Hulle sal jou groet en vir jou twee brode gee, wat jy uit hulle hand sal aanvaar.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 10